Video: Otter jaag knape in Simonstad

Skermgreep uit die video

ʼn Groep jong mans moes onlangs bontstaan toe ʼn otter vir hulle wou wys wie’s baas.

Die groep het op ʼn drywende kaai gestaan toe die otter ook opgeklim het.

Hulle het een-vir-een afgespring om weg te kom van die nuuskierige dier. Toe die otter weer terugkeer water toe, het die jong mans weer teruggeklim op die kaai – net om weer afgejaag te word en in dolle vaart te probeer wegswem van die otter.

ʼn Video van die voorval is op TikTok gedeel waar dit reeds meer as 13,4 miljoen keer gekyk is.

Otters lyk dalk oulik, maar hulle is roofdiere en onvoorspelbaar, soos alle wilde diere. Só moes Stad Kaapstad inwoners verlede jaar waarsku nadat daar beeldmateriaal op sosialemediaplatforms gedeel is van mense wat die otters by die Dalebrook-getypoel tussen St. James-strand en Kalkbaai opgetel en gedruk het. Die munisipaliteit het uiteindelik kennisgewings by hierdie getypoel opgerig om mense teen die otters te waarsku.

Kaapstad se nommer vir noodgevalle van dié aard is 021 480 7700.

@overtime

They was spooked by the otter ???? #otter #funny #fail #ocean #shoutoutot (via falsebayyachtclub/IG)

♬ original sound – Overtime

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Danie ·

Otter se kind n oulike dier maar ook geniepsig.Hulle hou van mense.

TruthDealer ·

Otters plaas altyd n prentjie in my kop oor honde, hulle is soos die water-weergawe van honde:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.