Voedselsekuriteit kan nie in hande van ‘rassistiese boere’ gelaat word nie

ANC-optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

ANC-optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag gesê Suid-Afrikaners moet toegang hê tot die land se bewerkbare grond, sodat hulle self tot die land se voedselsekuriteit kan bydra.

“Ons moet toegang hê tot grond. Ons mense moet toegang hê tot landbougrond. Die kwessie van voedselsekuriteit kan nie aan die TLU-SA [Transvaalse Landbou-Unie van Suid-Afrika] – ʼn rassistiese boere-organisasie, oorgelaat word nie,” het Mantashe aan duisende ANC-ondersteuners by die Uniegebou in Pretoria gesê. Hy het gesê huidige boere in Suid-Afrika “wil die indruk skep dat voedselvervaardiging slegs deur wit boere bewaar kan word”.

“Ons kan ook boere wees, maar om te kan boer, moet ons toegang hê tot grond. Jy kan nie ʼn boer wees tensy jy boer nie. Jy kan nie ʼn skrywer wees tensy jy skryf nie. Jy kan nie ʼn politikus wees tensy jy aktief in die politiek is nie. Hoekom word daar van ons verwag om boere te wees sonder toegang tot grond? Kom ons betree die grond,” het Mantashe gesê.

Gwede Manatshe tydens die ANC se optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Gwede Manatshe tydens die ANC se optog teen rassisme op 19 Februarie 2016 in Pretoria se middestad Foto: @MyANC_, Twitter

Mantashe het die duisende ANC-ondersteuners tydens die party se optog teen rassisme toegespreek. Die verkeer is Vrydagoggend tot ʼn stilstand gedwing toe die duisende optoggangers van Burgerspark in die middestad gestap het. Die groep het teen middagete die Uniegebou bereik en musiek is hard oor die luidsprekers gespeel.

Verskeie ministers en regeringsamptenare, waaronder Tshwane-burgemeester Kgosientso Ramokgopa en Gauteng-premier David Makhura, het die verrigtinge bygewoon.

Talle persone in die skare het geel T-hemde aangehad met die woorde; “Hands off Zuma” en “Stem ANC”. Plakkate met die woorde “Registreer om ANC te stem” is ook rondgeswaai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

97 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kaspaas

En kyk wat het die Rasistiese ANC met die land gedoen ons is terug na kerse van elektriesiteit, terug na water aanry en loop van kraan water, terug na grondpaaie van teer paaie net om paar te noem, alles ANC sukses stories

Henk

Ja ja en varke kan vlieg …..gaan kyk maar net na al julle mislukte boerdery projekte ….tot die DBV moes al diere red by die ANC boerderye

tharina

En hoeveel goeie produserende plase is al vir hulle gekoop en gegee – en le nou leeg -totaal vernietig en onproduktief? Daar is nog baie staatsgrond wat beskikbaar is en leeg le. Laat die mense daar boer…. as hulle kan.

KarenG

Daar is hoeveel voorbeelde van land wat vir hulle gegee is en “six love” opgeneuk is.
Hullr sal n stukkie grond vat en vir hulle behoud plant. Beslis nie om tot voedsel sekuriteit by te dra nie!!!

ertjie

Suid Afrikaners dra reeds self by tot voedselsekuriteit van die land. Maar wit mense is mos nie deel van Suid Afrika nie. Sy uitlatings is niks anders n sleg versteekte oproep vir aanvalle teen blankes nie. Die anc voer n oorlog teen sy eie landsburgers. Party mense moet nog net wakker skrik en dit besef