Die Bloemfonteinse streekshof het ’n 47-jarige oudpolisiereservis tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 12-jarige stiefdogter.
Sers. Sinah Mpakane, woordvoerder van die polisie, het gesê die man is Donderdag gevonnis. “Hy is onder meer tot drie jaar gevonnis vir die aanranding van sy vrou, 25 jaar vir die verkragting van sy stiefdogter en vyf jaar vir seksuele aanranding,” het Mpakane laat hoor.
Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Daar is ook bevind dat hy nie meer ’n vuurwapen mag besit nie. “Sy naam sal op die lys van seksuele oortreders geplaas word, en hy mag ook nooit weer met kinders werk nie,” het Mpakane gesê.
Die man het ten tyde van die voorval as reservis by die Bayswater- en toe later by die Navalsig-polisiestasie gewerk.
So ñ monster moet doodstraf kry. Daardie arme kind se hele lewe en uitkyk oor enige moontlike verhouding is vermink.
Kastreer hom. Maklik soos dit. Nou gaan die arme vuisvoos belastingbetaler weer vir sy “verblyf” vir di vlg 25jr moet opdok.