Voortvlugtige dokter weer aangekeer danksy publiek

Dr. Levy Choene Makgatho (Foto verskaf deur die Valke)

Dr. Levy Choene Makgatho (39) wat gesoek is deur die Valke omdat hy nie aan ʼn hofbevel ná skuldigbevinding voldoen het nie, is weer in hegtenis geneem.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdade (die Valke), het gesê Makgatho is Dinsdag by die Silver Lakes-winkelsentrum in Pretoria aangekeer danksy wenke van oplettende gemeenskapslede. “Sy foto is deur die media versprei,” het Sekgotodi verduidelik.

Makgatho het dieselfde dag in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn en hy bly in aanhouding tot 12 Junie 2019.

Makgatho het in 2012 spreekkamers oopgemaak en uitlanders sonder enige kwalifikasies aangestel. Hy het eise ingedien by verskeie mediese fondse. “Hy is in Junie 2012 in hegtenis geneem op aanklag van bedrog. Hy is op 18 Oktober 2017 in die Ga-Rankuwa-landdroshof skuldig bevind en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis of ʼn boete van R10 000. Die vonnis is in geheel opgeskort vir ʼn periode van vyf jaar op voorwaarde dat hy ʼn vergoedingsboete of ʼn bedrag van R185 000 aan Bonitas- mediese fonds oorbetaal teen ʼn bedrag van R7 000 per maand vanaf 31 Januarie 2018,” het Sekgotodi verduidelik.

Geen betalings is ontvang nie en die hof het ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bietjie baie ·

Baie goed dat hy moet vervolg word. Ons mediese fondse raak al hoe swakker agv bedrog.
Vervolg hom en laat sy bates verkoop word en geld aan mediese fondse terugbetaal word

fred ·

ja wat kan ons sê….ek kan alleen my kop skud …..en met hierdie karakters moet ons vorentoe gaan…of kruip…

Chris ·

Mooi en goeie werk , maar hy is nie die enigste vis in die see nie, daar is nog baie wat die siekefondse melk en ons arme lede moet betaal met jaarlikse verhoogde premies

Cherokee ·

Hierdie klink nie reg nie. 5 Jaar of ‘n boete van R10 000. Opgeskort op voorwaarde hy betaal R185 000. Dit soort van klink net nie reg nie. As hy nie die R185 000 betaal nie, dan R10 000 of 5 jaar. Klink bietjie snaaks.

Larraine ·

Lees ek reg? Hy het spreekkamers oopgemaak en buitelanders “sonder kwalifikasies” aangestel?
Wonder hoeveel pasiente deurgeloop het en met hoeveel probleme hulle vandag sit?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.