ʼn Vermeende rower is onder polisiebewaking in die hospitaal nadat ʼn 67-jarige vrou van Keimoes in die Noord-Kaap hom geskiet het toe hy haar en haar man in hul huis oorval het.
Kapt. Jacques September, woordvoerder van die polisie, het gesê Annemarie Schreuder en haar man, Hugo (75), het Donderdagmiddag omstreeks 14:00 tuis gekom toe hulle deur die man oorval is. Hy was glo reeds in die huis.
“Die verdagte was na bewering met ʼn mes gewapen en ʼn struweling het eers tussen hom en Annemarie en toe tussen hom en Hugo ontstaan. Albei [Annemarie sowel as Hugo] het steekwonde opgedoen,” het September gesê. Hy het gesê die verdagte het Annemarie daarna gedwing om die kluis oop te sluit nadat hy geld geëis het.
“Sy kon op ʼn manier daarin slaag om ʼn vuurwapen in die hande te kry en sy het een skoot op die verdagte afgevuur. Hy is in sy regtersy gewond. Die egpaar kon daarna die polisie ontbied,” het September gesê.
Die verdagte is na die Dr. Harry Surtie-hospitaal in Upington geneem waar hy steeds onder polisiebewaking is. Die egpaar is ook na ʼn hospitaal geneem vir behandeling, maar is kort daarna weer ontslaan.
ʼn Saak van roof word ondersoek. Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan word.
Saak van roof …moet dit nie wees poing tot moord ….SO bly sy kon hom afweer …wees paraad mens weet nooit wat kan gebeur nie …hou minstens n pepper spray in jou handsak of in n laai
N saak van “roof” word ondersoek…..RERIG!!!!!! hy het vir n ander doel gegaan beslis nie roof nie
Wonder of die verdagte ook behandeling geweier word sonder mediese fonds bewys of deposito????
nooit nie. die staat (belasting betalers) sal betaal. indien geld te min is word belasting net verhoog. maklik nê
Nee die Staat betaal vir AL sy mediese onkostes….lekker ne? Ander eerlike mense word weggewys!!
Ja jong so kry hul net meer en meer verniet.. en word op die hande gedra en die arme slagoffers moet betaal om behandeling te kry.
Aanranding met die opset om ernstig te beseer, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede.
Diefstal – watter diefstal?
Verseker!! Wees paraat en skiet as jy kan! Dis of jy of hy! Die sterkstes sal oorleef!
Moèt sê, ek is half verbaas dat Annemarie niè van poging tot moord aangekla is nie.
As hý gesterf het, sou sý beslís vir moord aangekla gewees het. Dank die Vader dat sý ‘n vuurwapen gehad hèt, & gewèèt het hoè om dit te gebruik…
Ja nee ek het vir dit gewag, maar glo my ons sou, Man en Muis vir haar ondersteun het met emosionele, organiseerde en energie/krag.
Ons…die.publiek.het die reg om te weet wat die ras van die aanvaller was. Waarom dit verswyg???
Ons, die publiek het die reg om te weet wat die ras van die slagoffer was en die ras van aanvaller. Hoekom.word dit deurgaans deur die media verswyg??
Was daar dan net 1 patroon/rondte in die vuurwapen?
En n saak van roof word ondersoek??? Regtig??? net dit?
Jammer, buite aksie stel.
Die “verdagte” was pas uit die tronk en die gereg beweer hulle soek hom vir nog aanklagte van messteek, maar 2 dae tevore het ons hom in die hoofstraat sien loop.
“High five” tannie!