Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, het gesê die vrou en haar baba is Saterdagaand in Mphondi naby Nqutu deur die weerlig doodgeslaan.
Volgens McKenzie is ʼn 28-jarige man en sy vierjarige dogter beseer nadat hulle vroeër Saterdag ook in dieselfde area deur weerlig getref is. ʼn 28-jarige vrou, 12-jarige seun en vyfjarige meisie is ernstig beseer nadat hulle ook deur weerlig getref is.
Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na die Nquthu-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.