Vrou gee haar oor ná lyk van baba gevind is

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 22-jarige vrou het haarself aan die Port Elizabeth-polisie oorgegee nadat die lykie van ʼn pasgebore baba in ʼn asblik gevind is.

Die lyk is Sondagoggend in ʼn asblik op die hoek van Beachweg en 2de Laan in Somerstrand gevind. Die baba was naak en die naelstring was nog aan die baba vas.

Volgens kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het die vrou haarself reeds Sondag oorgegee nadat die polisie ʼn beroep op die publiek gedoen het om hulle te help om die ma van die baba op te spoor.

Naidu het gesê daar is DNS-monsters van die vrou geneem om te bevestig of sy die ma van die baba is.

Indien die DNS-toetse bevestig dat sy wel die ma is, sal sy aangekla word. Die polisie ondersoek tans ʼn saak van verberging van geboorte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hennie ·

Dis nie n saak van verberging van geboorte soos die poliesie dit noem of wil he, dis n saak van moord…
Die bewoording word versag net soos deesdae se vonis.
Daardie ma verdien dieselfde behandeling soos die wat sy aan daardie weerloose kind gegee het.
Oor 9 maande doen sy dit weer!!!

wielie ·

Wat is die omstandighede rondopm die geboorte? Was die baba nie dalk dood gebore nie??

Lizelda ·

@Wielie daar is geen verskoning of genoegsame “omstandighede rondom die geboorte” om te regverdig wat sy gedoen het nie. n Mens gooi vullis in n asblik nie n baba nie (lewend of dood), nie eers n dier gooi n mens op so wyse weg nie. My probleem wat ek het is dat mense te vinnig babas maak en dan as hulle swanger raak verstaan hulle nie hoe hulle swanger kon raak nie. Daar is net TE VEEL organisasies wat sulke ma’s sal help, wat sy gedoen het is wreed NIE uit verwardheid nie.

Sonja ·

Is verskriklik dat n baba so tot sy / haar einde moet kom in n asblik. Daar is so baie wat graag n baba van hul eie wil he

colleen ·

Gaan sy net vir verberging van geboorte ondersoek word? Wat van moord?

Thea Pienaar ·

Sulke girls moet dadelik gevorseer word om n historektomy te ondergaan. Dan kan hulle haar maar toesluit en die sleutel weg gooi

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.