Vrou gevonnis wat byna R13 miljoen steel

Linda Ebersohn (59). (Foto: Verskaf)

ʼn 59-jarige vrou wat skuld beken het op 867 aanklagte van diefstal is Vrydag 15 jaar tronkstraf in die streekhof in Middelburg opgelê. Vyf jaar hiervan is opgeskort op voorwaarde dat sy nie weer aan sulke misdrywe skuldig bevind word gedurende die tydperk van die opskorting nie.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê Linda Ebersohn het nege jaar lank die onderneming waar sy gewerk het uit amper R13 miljoen bedrieg.

Maroela Media het vroeër berig dat Ebersohn as ʼn debiteureklerk in Middelburg gewerk het waar sy fiktiewe of bestaande krediteure se besonderhede gebruik het om betalings aan haar persoonlike rekening te maak. Sy het ook geld na haar man, Frans Hendrik Ebersohn, en twee kinders, Francois en Hendrik, se rekeninge oorgeplaas.

Dié misdrywe het tussen 1998 en 2017 plaasgevind totdat die saak aan die Valke gerapporteer is.

“Die saak is ondersoek en sy is in November 2018 in hegtenis geneem. Haar familielede is ook in hegtenis geneem en aangekla,” sê sy.

Volgens Sekgotodi is die aanklagte teen Frans, Francois en Hendrik egter teruggetrek nadat Linda skuld beken het.

Genl.maj. Zodwa Mokoena, provinsiale hoof van die Valke, het die vonnis verwelkom en die betrokke spanne vir hul toewyding aan die saak bedank.

“Só ʼn vonnis sal as ʼn les vir ander diewe dien dat hul onregmatige dade hulle sal inhaal.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Danie ·

Dit darem snaaks hoe vinnig blankes se sake afgehandel en gevonnis word.

domheks ·

Lekker gelewe saam met gesin. Nou is die prys daar om te betaal! Maar wie betaal die geld aan die Maatskappy terug?

SjN ·

Sy verdien dus R72 222 per maand vir 15 jaar om in die tronk te sit, lekker man lekker.

Waarnemer ·

Due deler is net so skuldig as die steler….so haar man en 2 seuns moes ook gevonnis gewees het….hulle gaan nou lekker leef terwyl vroulidf/mammie vir 10 jaar tronk toe gaan.

Nie Verbaas ·

Goed so, maar wat van Magashule, Zuma en ander kaders? Biljoene rand?

Spekkies ·

Ek wonder net hoekom die kaders nie ook sulke vonnisse opgele word vir al hulle korrupsie en diefstal nie.

ES ·

Sy gaan amper 70 wees as sy uitkom. Om 10 jaar van jou lewe te verloor a.g.v. skelm wees is darem maar nie die moeite werd nie.

Ek wonder of die maatskappy ‘n siviele saak ook gaan maak vir skadevergoeding?

Wielspore ·

Het gou ‘n berekening gedoen, dit was omtrent R57 000 per maand. Dit is daarem ‘n ruim addisionele inkomste per maand.

Frank ·

Moet darem iewat dom bestuurders, finansiele afdeling en ouditeure wees om vir so lank nie iets agter te kom nie. R13 m is nie kleingeld nie

Marius ·

Dan moet Ace en kie ten minste 285 jaar tronk toe gaan om in lyn met die vonnis te wees.
Ek hou dit dop en kyk wat gebeur.

Delilah ·

snaaks sy kan baie vinnig gevonnis word maar die goed in die parlement loop nog los rond

ROELOF ·

En wonder wanneer gaan die Boksburg vrou, Steenkamp wat oor die R400 milj. se bedrog gepleeg het en gedurende 2017 op borg uit is se saak dan afgehandel word.

Swerwer ·

Ai vrou, baie sterkte en mag die tyd vinnig verby gaan. Weet nie wat jou omstandighede was nie maar daar is ‘n Hemelse Vader wat altyd bereid is om te luister . Satan is lustig en stel maklik strikke.

007 ·

Mooi so, as sy 15jr gekry het gaan Ace seker 115jr kry. Sal maar moet wag en sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.