Vrou vas ná sy kêrel oor sigaret vermoor

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Vrou is naby Butterworth in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat sy glo haar kêrel vermoor het toe die twee oor ʼn sigaret gestry het.

“Die 34-jarige vrou het glo haar kêrel Donderdagaand by Skiet informele nedersetting met ʼn skerp voorwerp gesteek,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die 32-jarige man is in die bolyf gesteek en hy is op slag dood.”

Die polisie is in kennis gestel van die voorval en het na die toneel gehaas. “Die verdagte was nog op die toneel toe die beamptes opgedaag het,” het Manatha bygevoeg.

Die oorledene het glo geweier om ʼn sigaret vir die verdagte, sy meisie, te gee sodat sy kon rook.

Die mes wat tydens die voorval gebruik is, is op die toneel aangetref.

Die vrou sal na verwagting Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ag ·

sjoe!het altyd geweet sigarette is sleg vir n mens maar moord? Nie dit nie

Asjas ·

Dit is maar net ‘n dwelm en dit is wat gebeur wanneer jy verslaaf is en nie jou “fix” kry nie. Voel ook partykeer of ek kan moor, nie vir die sigaret nie maar agv die sigaret … sies, veral vrouens wat rook.

Nina ·

Whahahaha! Hoe simpel! Jou koffie is ook ‘n ‘fix’. Pffftt…

Asjas ·

My koffie maak net myself skade,ek belemmer nie ander mense se gesonheid nie, en dan is daar darem ook ‘n kafien-vrye keuse ook.

Griki ·

Moet wonderlik wees om so sonder slegte gewoontes en perfek te wees, né Asjas.

anon ·

ek as vrou nog nooit gerook ni my man rook wel en wat my mal kwaad maak as di asbakki vol is en ek wat dit moet uit gooi en was sies

Peet Schabort ·

Stem saam anon, ek darem al 27jr opgehou. ‘n Klein hondjie se asem ruik beter as ‘n roker se gedokterde peppermintasem. Daardie alewige stompies wat in blombakke en tussen bosse op so ‘n manier weggegooi word dat jy dit nog kan sien maar sukkel om te verwyder.
Die tyd toe ek wel gerook het kon ek en daardie asbak nie saam slaap.
Hier in die 1960’s was ‘n sigaar nogal handig in ‘n bioskoop as daar naby jou ‘n geklets is en jy steek daardie sigaar aan en jy hoor hoe dit om jou stil raak soos almal wegskuif.
Die pluspunt is egter dat jy nie meer daardie alewige rokershoesie het wat jy toeskryf aan ‘n ‘ligte verkouetjie’. Ook daardie ‘keel skoonmaak’ in die oggend. Nee dankie, NOOIT OOIT WEER!!!!!!!

Carel ·

Die fokus moet nie geplaas word op die sigaret nie, maar eerder op die opvoeding/ selfbeheersing/ sin vir verantwoordelikheid/ respek vir die gereg/ respek vir andere, wat duidelik ontbreek in die geval van die verdagte vrou. Sy het hom nie vermoor omdat sy nie kon rook nie, sy het hom vermoor omdat lewe vir haar en baie andere nie in vandag se samelewing meer waarde het nie.

Watdehel ·

As die mense wat hier kommentaar lewer nie kan sien waaroor dit gaan nie, is ek nou nog meer bekommerd oor ONS mense. Watter een van ONS moor vir so n rede? Hovel van ONS moor?

Carel ·

Dis juis my punt. Dis nie ONS mense wat dit doen nie. Ons weet van beter, hulle ook maar hulle voel NIKS!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.