ʼn 42-jarige vrou is in Limpopo in hegtenis geneem ná sy haar man glo Sondag met ʼn mes doodgesteek het.
Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het die aand omstreeks 21:15 plaasgevind toe sy haar man met ʼn ander vrou by hul huis in Kuranta, Mokwakwaila in Tzaneen betrap het.
“Die ma van sy twee kinders het glo onverwags by die huis opgedaag en hulle betrap. Daar was ʼn bakleiery tussen die twee vroue en toe die man wou ingryp, het sy vrou hom glo met ʼn skerp voorwerp aangeval,” het Mojapelo verduidelik.
Die 43-jarige man is na ʼn plaaslike kliniek geneem waar hy dood verklaar is. Die polisie is ontbied en die vrou is in hegtenis geneem. Sy sal na verwagting Woensdag in die Bolobedu-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
vrou was stupid… hy moet alles agterlaat…. egskeiding sodat hy na die lover toe kan gaan en laat hom onderhoud betaal…
Wonder of nie nakoming van sosiale distansie ‘n regsgeldige verweer is .