Vyf sterf toe bus op N1 omslaan

Die ongelukstoneel buite Louis Trichardt in Limpopo. (Foto: Verskaf)

Vyf mense is dood en 56 ander beseer toe ’n bus Woensdag op die N1-Noord buite Louis Trichardt in Limpopo omgeslaan het.

Die bus was na bewering van Johannesburg na Zimbabwe onderweg en het ’n sleepwa getrek toe die bestuurder glo beheer oor die bus verloor het.

Limpopo se departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê die snelweg was gister ná die ongeluk ure lank gesluit terwyl reddingswerkers gespook het om vasgekeerde passasiers uit die wrak te bevry.

Dit is derde ernstige ongeluk in Limpopo in minder as tien dae. Twee afsonderlike ongelukke het verlede week elk die lewe van ses mense geëis. Die ongelukke het onderskeidelik op die N1-Suid en R529 plaasgevind.

Mavhungu Lerule-Ramakhanya, LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid in Limpopo, doen nou opnuut ’n beroep op motoriste om meer versigtig te wees.

“Dit is kommerwekkend dat ons in minder as tien dae drie groot ongelukke gehad het met 17 mense wat dood is. Ek wil motoriste, veral openbare vervoeroperateurs, versoek om versigtig te bestuur en spoed te verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pietertjie ·

Snelweg? Ek sien ‘n doodgewone twee-rigting pad met dubbel-sperstrepe en skerp draaie in ‘n bergagtige omgewing, en ‘n bus wat heel moontlik aan ‘n 80km/h spoedbeperking onderhewig is. Of was. Die bus was oppad Noorde toe, en besig om afdraend te ry voordat dit gerol het. Nog iets vir die ondersoekbeamptes?

thejudge ·

So as wat sal jy die N1 klassifiseer dan? En kyk weer na die foto – daar is een heel belangrike puntjie wat jy heeltemal miskyk.

Pietertjie ·

‘n Snelweg is ‘n dubbelbaan-pad met breë middelman, met geen kruisings (level crossings), geen skerp draaie, en slegs sperstrepe by op- en afritte. Daardie stuk pad is net ‘n Nasionale Hoofroete. Daar is verskeie kruisings en sywaartse T-aansluitings (level T-junctions) in daardie omgewing. Ek ry gereeld daar en moet gedurig uitswaai vir aankomende verkeer wat te vinnig ry en dan in my baan ingeweeg om die skerp draaie.

Kokerboom ·

Gegewe toestand van paaie is die pad seker ‘n snelweg. Dan is N1 tussen Pta en Jhb seker ‘n Autobahn

Cherokee ·

Voertuig het (na bewering) buite beheer geraak. Een van die mees niksseggende gesegdes. Die ‘na bewering’ hoef nie eens bygevoeg te word nie, want niemand kan daaroor stry nie. Dit is steeds geen verduideliking.

Johan D ·

Die berig is dalk intussen aangepas maar ek lees die volgende, “Die bus was na bewering van Johannesburg na Zimbabwe onderweg en het ’n sleepwa getrek toe die bestuurder glo beheer oor die bus verloor het.”
Ek lees nie van die voertuig wat na bewering buite beheer geraak het nie!

Hennie ·

Nog ANC kiesers se bloed in die gesigte van Cyril en sy vervloekte ministers! Die Wiele kom nou mooi af!

Anel ·

Spoed en meeste van die tyd, onpadwaardig. Dan is dit busse en taxis, in die meeste gevalle. Hulle kan maar uitgesonder word, in die minderheid, gewone motoriste! Taxis, moennie oorlading vergeet nie. Hoeveel kinders is nie die afgelope week ag daarvan oorlede nie? Een ouerpaar hul enigste kind verloor! Maar taxis oorheers mos die vervoerstelsel!!

anniekiewiet ·

Hoekom moet hulle versoek word (laaste paragraaf) Kan ministers nie vir n slag sê mense MOET PADREëLS NAKOM nie?

RB ·

Dis meeste van die tyd verskoning: “Bestuurder het beheer verloor.”
Was/is hierdie bestuurders ooit ten volle in beheer van hul voertuie??
Meeste het nie eens geldige bestuurslisensie wat nog te sê PDP. Baie van hulle wèèt nie eens wat PDP is nie. Vra hulle maar.

Wanneer jy in beheer is van n voertuig, weet jy ook baie gou indien daar padwaardigheid probleme is.

Kyk maar hoeveel van hulle (selfs diè in hul spogmotors), hang aan die stuurwiel omdat die sitplek te ver agtertoe gekantel is. Van die eerste dinge wat jy doen wanneer jy in n motor klim waarvan jy nie die enigste bestuurder is nie, is tog om jou sitplek te verstel, stuurwiel ook waar nodig (as dit kan) en jou tru- en kantspieëltjies verstel vir beste sig. Dit is waar padveiligheid en -verantwoordelikheid begin.

Pieter9 ·

Busse in Limpopo erken geen padreels nie… Ek ry gereeld daardie roetes en moet daagliks bykans van die pad af beweeg, na links, omdat die Busse, aankomend , eenvoudig bymekaar verbygaan of oor die middelstreep ry. Veral in Limpopo is die verkryging van ‘n besuurslisensie ‘ n sirkus.

Nico ·

Wie ken in elk geval die padreëls van SA, elkeen wil ry soos hy wil, daar is geen dissipline op die paaie. Waar is die sogenaamde verkeers beamptes seker in die kantoor of sit in sy voertuig en slaap. Kom, kyk, hier in Duitsland hoe lyk die verkeers reëls, by ‘n voet oorgang kry die voetgangers voorkeur, in SA ry die mense net soos hulle wil, wat beteken die sebra strepe vir voetgangers, absoluut niks, ekself is op die oomblik in Duitsland.

Waarnemer ·

In hierdie geval is dit duidelik dat spoed hierby betrokke was,sleepwa agter die bus het begin “wobble” en sodoende het die bestuurder beheer oor die bus verloor.Roekelose/nalatige bestuur.Tragies.Daar moet meer opgelet word na die operateurs van busse en huurmotors(taxis) se bestuurs vernuf.Ongelukkig word hierdie bestuurders nie meer soos in die verlede fisies getoets voor hulle uitgereik word vir n Proffesionele bestuurs permit nie.Dit word deesdae soos lekkergoed uitgedeel aan elke tweede bestuurder.

A.S ·

Spoed!! Def spoed want die busse jaag en vat kanse al nes die taxi’s!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.