Vyf vas wat by plaashuis wou inbreek

(Argieffoto: Kent Williamson)

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem toe hulle Vrydag by ʼn plaashuis in Verkykerskop, buite Harrismith in die Vrystaat, wou inbreek.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn 73-jarige vrou omstreeks 10:30 alleen by die huis en het op die bed gelê. Haar man is die oggend dorp toe.

“Sy het ʼn geluid by die slaapkamer se venster gehoor en gesien hoe drie onbekende mans probeer om die venster oop te breek. Hulle kon nie regkom nie en het toe by die vertrek langsaan probeer,” het Mbambo gesê. “Hulle kon die venster oopmaak en het toe probeer om die diefwering oop te breek. Die vrou het na die betrokke kamer toe gegaan en agter ʼn geslote deur vir hulle geskree dat sy gaan skiet. Een van die verdagtes het ʼn skoot deur die venster afgevuur en dit het die hangkas getref, maar niemand is beseer nie. Die verdagtes het gevlug toe hulle nie die diefwering kon oopbreek nie.”

Die verdagtes is hierna na die werkers wat in die stoorkamers gewerk het. Nog twee verdagtes het toe by hulle drie makkers aangesluit. Een van die verdagtes was gewapen met ʼn pistool en ʼn ander met ʼn mes. Nog ʼn verdagte het ʼn boutsnyer by hom gehad.

“Die verdagte met die vuurwapen het die werkers gedreig en hulle selfone geëis. Een van die werkers is met die boutsnyer oor die kop geslaan. Die ander werker is aangerand deur hom te skop en te slaan. Hulle het twee selfone, een ter waarde van R279 en een ter waarde van R700, gesteel.”

Die verdagtes het weggehardloop toe hulle die bure se voertuig sien aankom het en die twee werkers by die stoorkamer agtergelaat. “Hulle het te voet in die bosse gevlug.”

Volgens Mbambo is vyf persone laat die aand deur boere in hegtenis geneem wat besig was met patrolliewerk op ʼn nabygeleë plaas. Die verdagtes het ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie en breekyster in hulle besit gehad, wat vermoedelik vroeër tydens die poging tot inbraak gebruik is.”

Die persone sal Dinsdag in die Harrismith-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord, poging om by ʼn huis in te breek, roof met ʼn vuurwapen en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Persheks Adri ·

Goeie werk boere! So dankbaar die tannie lewe nog! Gelukkig nie nog ‘n statistiek nie

Jannie van Niekerk ·

Nou word plaasaanvallers ewe skeilik “inbrekers” genoem.

Alta ·

As dit van sie polisie afgehang het was hul nou nog soek! Dankie boere. Duidelik was dit n pogong tot nog n plaasmoord maar skielik is dit bloot inbrekers? Smeer nog steeds die plaasmoorde toe!

JohanR ·

Waar kry hulle ‘n boutsnyer? Daai goed is nie goedkoop nie. Kom ons volg die kolletjies….ANC-EFF-Taxi. En as die plaasaanval nou klaar en suksesvol was….Taxi-EFF-ANC. In die geval was dit….ANC-EFF-Taxi-Tronk!

Maria ·

wat maak jy met n grinder (hoeksnyer) mes en pistool as jy net n ‘inbreker’ is?

Anoniem ·

Hulle het ‘n boutsnyer (bolt cutter) gehad waarmee slotte geknip word, nie ‘n hoeksnyer of angle grinder nie. Hoop my verduideliking help.

Derek ·

Is daar nog genoeg plek in tronke? of gaan hulle weer vrygelaat word om weer gevang te word?

Dries ·

Ek sou ‘n b eter beskrywing is: Vyf was wat plaashuisbewoner wou vermoor. Hulle was nie gewapen om vir ‘n koppie tee te kom vra nie. En die afvuur van daardie skoot was beslis bedoel om die dame te tref.

Karina ·

Goeie werk boere! Jammer die werkers het seergekry. As die polisiemag julle nie kan beskerm neem, neem dinge in eie hande beskerm julself.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.