Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die rooftog het Maandagaand by ʼn vulstasie tussen Cato Ridge en Hammarsdale plaasgevind.
“Met paramedici se aankoms het die veiligheidswag op die grond gelê. Hy het ʼn erge wond aan sy kop opgedoen. Hy was in ʼn kritieke toestand en paramedici het hom op lewensondersteunende masjiene geplaas.”
Volgens Vermaak is die wag, glo in sy 30’s, na ʼn nabygeleë hospitaal geneem nadat hy op die toneel gestabiliseer is. “Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.”
Die polisie ondersoek die saak.