Wapenskandaal: Bewering ‘naamloos’, dus kyk Mbete anderpad

Baleka Mbete

Die voormalige speaker, Baleka Mbete. (Argieffoto: AP/Denis Farrell)

ʼn Verslag – met “skrikwekkende” bewerings wat met die wapenskandaal verband hou – is in 2016 onder Baleka Mbete se kantoordeur geskuif, maar omdat daar geen naam by was nie, het sy doelbewus gekies om dit te ignoreer.

Mbete, in daardie stadium adjunkspeaker van die parlement terwyl die golf van staatskapingsbewerings oor die land gespoel het, het Maandag by die Zondo-kommissie na staatskaping waar sy getuig het, dié onthulling gemaak.

“Dit het geblyk, toe ek dit gelees het, dat dit oor die wapentransaksie gehandel het,” het Mbete in antwoord op vrae van adv. Alec Freund SC, getuienisleier, gesê.

“Die dokument het geen handtekening gehad nie, geen skrywer nie. Maar ja, dit het skrikwekkende dinge bevat wat daarin beweer is.”

Volgens Mbete het sy oor die situasie besin en besluit aangesien die parlement baie besig is, moes sy nou “hierdie dramatiese dokument” neem en sê die parlement moet dit in sy program opneem.

“Op watter grondslag? Wie is die skrywer?

“En ek het net nie opgetree nie. En ek sê dit en as nog so ʼn geleentheid voorkom, sal ek dit steeds besluit,” het Mbete volgehou.

“Ek gaan nie hierdie dokument vat, wat inderwaarheid ʼn klomp gerugte en drama is nie … baie kommerwekkend … maar dit moet ʼn skrywer hê. Waarom is daar geen skrywer nie?”

Volgens Mbete moes die persoon wat die dokument onder haar deur geskuif het, na vore gekom en sy of haar kommer oor die inhoud gedeel het. Mbete sê in dié geval sou sy wél opgetree het.

Mbete het voorts getuig net “omdat iemand vir ons iets vertel”, beteken dit nie iemand “aan stuur van hierdie baie ingewikkelde, komplekse ruimte” kan sê “bykomend tot elke ander kopseer wat ons het, is hier nog iets … vind ʼn manier, skep dalk ʼn ad hoc-komitee” nie.

Freund wou by Mbete weet waarom die parlement nie die uitvoerende gesag in 2016 aanspreeklik gehou het nie.

“Dit is bloot onwaar om te sê die vyfde parlement het deur enorme gevalle van korrupsie gesit en absoluut niks gedoen nie. Dit is nie waar nie,” het sy geantwoord.

Volgens Mbete was die optrede onvoldoende, iets wat sy aan ʼn gebrek aan kapasiteit en hulpbronne toeskryf.

Sy het ook erken dat daar mislukkings was en veel meer gedoen kon word. “Dat dit skeefgeloop het, ja, dit het. Dit is waar.”

Mbete sê parlementslede was in daardie stadium baie besig. “Wat elkeen van hulle presies gedoen het, kan ek nie hier sê nie, maar dit kan nie aangevoer word dat hulle rondgesit en al die tyd tot hul beskikking en bewustheid gehad het van wat aangaan nie.”

Sy sê in Maart 2016 het hulle “geluide gehoor en gelees en gesien dat daar kommerwekkende berigte” aan die lig kom, maar dat daar geen werklike inligting of begrip was nie – net gerugte.

Mbete het in antwoord op vrae oor waarom die parlement nie vroeër ingegryp het by aanvanklike bewerings oor staatskaping nie, gesê parlementslede het nie “ledig” rondgesit nie.

“Waar ons op hierdie punt is, en met heelwat terugbeskouing, is ons sterker. Ons is in ʼn beter posisie as daardie LP’s in daardie oomblik in daardie jaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Johnny ·

Lei ons dat ons nie hoef te ly onder die lui klomp nie, en dat ons die klok hoor lui.

Johanncb ·

Mag ons weet watter bewerings hierdie dokument bevat, of gaan ‘n lang hofsaak daarvoor nodig wees? Daar is tog heelwat waarheid in bewerings wat persoonlik afgelewer is!

Fedup ·

And with no nothing, I will do nothing.
Absolutely brilliant thinking.

Peetjie ·

Sy het gekies om anderpad te kyk want sy is en was zumpie se lakei..

Kokerboom ·

Soos by Eskom en ander hoë profiel bedrogsake moet CR, as hy ernstig is, ‘n spesiale voltydse ondersoekspan vir elk aanstel wat NET die geval doen en ALMAL, van ministers tot onder arresteer, skuldigbevind en aanspreeklik hou vir bedrog

JohanR ·

Mbete was nou een kader wat mens kan net beskryf as totaal useless! As sy daar in die parlement gesit het op haar kroon met haar brilitjies en gepersde rooi lippe het ek altyd gewens ek was in die kamer om haar met ‘n vrot tamatie te gooi, of my vuil veldskoen!

Tubac ·

Die persone wat so n ondersoek kan lei sit sonder werk. Dit is mos makliker om onkundiges aan te wys, want dan is dit weer een vertraging na die ander.

Misky ·

Die dokument was dan m.a.w. anoniem gedoen juis om die persoon se identiteit te beskerm. As daar bewerings in is, moet dit mos ondersoek word en wat verstaan sy nie

Blikkies ·

Mbete verduidelik vir my Asseblief dan wat is die nut van ‘n ‘Anonymous’ Call Centre? of nommer? So Mbete, wat jy se is: As die SAP ‘n ‘Anonymous’ oproep kry oor ‘n misdryf wat plaasvind, gaan hulle nie reageer nie want die persoon wat kla wil nie sy naam gee nie, as hulle ‘n bom dreigement by die parlement kry van ‘n ‘Anonymous’ persoon af hoef niemand op te tree nie want die persoon wat bel wil nie sy naam gee nie…………….So, geen beskerming vir fluitjie blaasers nie………. Julle het nie ‘n idee wat om julle aangaan nie.

Jakes ·

As ek na haar kommentaar en kamtige verduideliking luister dan is ek nie verbaas nie. Is hulle nie maar almal dieselfde nie want korrupsie en ander duistere dinge word onder die mat ingevee. Dan wonder mense nog hoekom SA is wat hy is?

Objektief ·

Onthou, sy is een vandie heel eerste korrupsie sake wat in die pers verskyn het ( Delmas lisensie) en niks is ooit daaromtrent gedoen nie nie. As jy self geraamtes in die kas het praat jy nie oor ander s’n nie

Jr ·

Het die kopdoek miessies n skroef los of net haar blinde cANCer brille aan. Enige organisasie het n hulp of rapporteerings meganisme waar jy anonymous kan bly. Dit is die verantwoordlikheid van die persoon wat die klag of aantuigings ontvang te ondersoek – so doende nie is u net so skuldig. Miessies is dan skuldig en dan deel van die spul.

jzjz05 ·

Julle moet verstaan sy was n Zuma ondersteener daarom het sy die verskooning dat iemand wat graag anoniem wou bly sy ook dan maar stil moet bly vir Zuma,nou dat Zuma uit is moet sy maar vertel van die dokument om in die nuwe stroom van die ANC te kom .

Jack ·

As die dokument geen waarde gehad het nie het sy dit tog sekerlik weggegooi? As sy dit nog het diskwalifiseer dit haar totale uitspraak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.