Temperature gaan na verwagting vandeesweek begin styg ná verlede week se erge kouefronte in die land.
“Ons verwag teen die middel van die week ʼn geringe styging in temperature,” het Puseletso Mofokeng, ʼn weervoorspeller, Maandag gesê.
Ysige weer is oor die afgelope paar dae in verskeie dele van die land ervaar. Dit het gepaardgegaan met sneeuval in gedeeltes van die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Lesotho en op die Drakensberge in KwaZulu-Natal.
“Dit sal Maandag nog koel wees in die meeste provinsies, behalwe vir Mpumalanga en Limpopo wat warmer gaan wees. Die Vrystaat en omliggende gebiede gaan nog baie koud wees,” het Mofokeng gesê.
Daar word geen sneeu vir die volgende twee weke voorspel nie.
Hoop die warmer weer is hier om te bly. Ek rig graag ‘n versoek aan ons Kaapse lesersvriende. Hou asb jul koue fronte net daar. ;~)}
Dis goeie nuus so op lente dag. **