Wêreld op rampkoers met omgewing – en SA bly nie agter

DuursaamheidSuid-Afrika is letterlik diep in die rooi op die jongste kaart van lande se bydrae om ’n leefbare omgewing te skep.

Dit blyk uit die jongste indeks van die Sustainable Society Foundation, met sy hoofkantoor in Nederland. Die indeks word sedert 2006 elke tweede jaar vrygestel.

Uit die 153 lande wat gemeet is, het Suid-Afrika die 96ste posisie behaal in die kategorie vir menslike welstand. Dit is een plek swakker as met die vorige indeks twee jaar gelede.

Wat die omgewing betref, het Suid-Afrika van die 107de plek na die 91ste plek verbeter, maar met ekonomiese welstand het die land van die 119de posisie na die 122ste posisie agteruitgeboer. In 2006 was Suid-Afrika nog in die 96ste posisie in hierdie kategorie.

In ander kategorieë wissel Suid-Afrika se posisie van baie goed, tot baie sleg. Suid-Afrika vaar nog baie goed met voedselsekuriteit, en redelik goed met skoon drinkwater. Wat indiensneming, inkomsteverspreiding, organiese landbou en hernubare energie betref, vaar die land egter uiters power.

Die volledige verslag kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.