Wildbewaarder vas vir ietermago-smous

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Louis Mornaud/ Unsplash)

ʼn Wildbewaarder van SANParke is een van die verdagtes wat Donderdagoggend in verband met die onwettige smous van ʼn ietermago in hegtenis geneem is.

Die betrokke wildbewaarder werk in die Letaba-streek.

Die polisie het die groep verdagtes in samewerking met Care for Wild Rhino Sanctuary, Focused Conservation Solutions en Farm Watch Forums op Hoedspruit in hegtenis geneem.

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê die ondersoek is tans nog aan die gang en formele aanklagte sal binnekort volg.

“SANParke het die operasie van stapel gestuur nadat intelligensie-inligting oor die onwettige verkoop van die lewende ietermago ontvang is. Dit was egter die samewerking van toegewyde mense wat die sukses van die inhegtenisnemings verseker het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Frank ·

Dis vir hom net nog ‘n werk, soos enige ander. Wat hy by die huis doen, doen hy by die werk ook.

sonneblommekie ·

SIES !! aan die wildbewaarder!!
Jou werk was om te dien, te respekteer en op te pas.
Telke male is die skuldiges maar van die binnekring – money calls

Amelia ·

Is die nou weer n bbe geval arme ietermago hoekom vang die nie eerder n kobra nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.