Winkelbestuurder vas oor steroïede

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Die bestuurder van die fiksheidswinkel Muscle Mecca in Secunda, Mpumalanga, word vervolg nadat hy glo in die besit van R300 000 se steroïede betrap is.

Piater Kruger (28) word nou aangekla van die Oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe. Hy het reeds in die landdroshof verskyn en is op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê die owerhede het inligting ontvang oor medisyne wat by die betrokke winkel verkoop word. ’n Ondersoek het bevind dat Kruger egter nie oor die nodige dokumente beskik wat hom toestemming gee om die spesifieke medikasie uit die winkel te verkoop nie.

Die Valke het gevolglik ’n lasbrief bekom om die perseel Donderdag te deursoek en daar is op die reuse-aantal steroïede afgekom.

Kruger is dadelik in hegtenis geneem terwyl daar op die steroïde beslag gelê is.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Delia ·

Ander mense se dood veroorsaak solank jy geld kry. The Human Race disgusts more and more

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.