“Hy kan nie ʼn oorlog voer wat die grondslag van internasionale vrede en stabiliteit bedreig en dan vir hulp van die internasionale gemeenskap vra nie.”
Lees meerAlles vir Vrydag 11 Maart 2022
Groot dele van Helderberg sonder krag na vandalisme by substasie
ʼn Eskom-werknemer is intussen in ‘n onverwante voorval in hegtenis geneem nadat hy glo staalplate wat ʼn kragmas ondersteun gesteel het.
Saak oor ‘staat wat sê waar dokters mag werk’ aangehoor
“Dit is onaanvaarbaar en absurd dat iemand soos ʼn private algemene praktisyn eers by die regering moet aansoek doen voordat hulle ʼn praktyk mag oprig.”
Skenking aan Kuba: ‘Adjunkminister het parlement mislei’
Die DA gaan die parlement se etiekkomitee nader om te versoek dat Candith Mashego-Dlamini voor die komitee moet verskyn om te verduidelik hoekom sy glo die parlement mislei het oor Suid-Afrika se skenking aan Kuba.
Ondersoek ná ‘nagmerrie’-ervaring op Robbeneiland
ʼn Ondersoek is van stapel gestuur ná ʼn voorval op Robbeneiland waartydens ʼn groep besoekers tydens ʼn busrit beseer is.
ToekomsVenster: Het jy al nagedink oor wat waarde het?
Belê in die Koninkryk want die dividend stel nie teleur nie.
Rusland, VN kap Facebook-besluit oor gewelddadige plasings
Facebook het sy beleid oor gewelddadige uitlatings tydelik verslap ná Rusland se inval in Oekraïne.
TLU SA: ‘Misdadigers oorgehaal vir regsgedinge’
Die stryd vir boere wat hul plase teen onwettige optrede beskerm, duur voort.
Jaagduiwel op N4 vasgetrek
Die motoris se inhegtenisneming kom terwyl vier mense ook Donderdagaand in ʼn botsing op die N4 naby die Donkerhoek-afrit dood is.
Geskiedkundige vlag nou deel van VTM-versameling
“Hierdie is nie net ʼn stuk van ons geskiedenis nie, maar die vlag self, is ʼn stuk geskiedenis.”
TLU SA groet sy generaal
Ná byna twee dekades in die diens van TLU SA, wat op 36 jaar se diens in die Suid-Afrikaanse Weermag gevolg het, het genl.maj. Chris van Zyl die tuig neergelê.
Bejaardes kry huppel in stap met dié projek
“Seniors-in-aksie is ʼn mooi voorbeeld van ʼn program wat aan bejaardes weer sin en ʼn gevoel van gebondenheid gee.”
Beurtkrag, dieseltekorte: Dis ʼn stryd om ‘oorlewing’
“Ongelukkig lyk mielies, wat die hoof voedselbron van Suid-Afrika is, nie tydens al hierdie onsekerhede na ʼn aantreklike opsie om mee te boer nie.”
Winkelbestuurder vas oor steroïede
Hy is glo in die besit van R300 000 se steroïede betrap.
Twee Centurion-skole vang gees
Die “Bring die hoop weer terug”-sanger, Jo Black, tree Saterdagaand by Hoërskool Centurion op as deel van sy “Traveler”-toer.
Situasie by Bara-hospitaal al erger
“Nie net word die waardigheid en gesondheid van die pasiënte ernstig aangetas nie, maar die welstand van die hospitaalpersoneel moet ook aandag kry.”
SA in ‘moeilike posisie’ oor Rusland – kenner
Sommige kenners meen ook Suid-Afrika het bloot nie die aansien om ʼn meningsvolle rol in enige bemiddelingsproses te speel nie.
Universiteite-alliansie wil hoogste hof toe oor entstofmandate
Universities Alliance South Africa (Uasa) sal binnekort dokumente by die Konstitusionele Hof indien oor verskeie universiteite se verpligte inentingsbeleid.
Boere moet hoes om mieliediefstal te stuit
Daar is groot kommer oor die toenemende onwettige stroop van mielies op Vrystaatse plase en die negatiewe uitwerking wat dit op volhoubare boerderypraktyke het. Vrystaat…
Video: Stap jouself ligter
Deur gereeld te stap sal jy nie net kalorieë verbrand en gewig verloor nie, maar jy sal ook jou gemoed lig en stresvlakke verlaag.