Jaagduiwel op N4 vasgetrek  

Argieffoto (Foto: geralt, Pixabay)

Die Gautengse verkeerspolisie het ʼn 39-jarige man in hegtenis geneem nadat hy teen meer as 240 km/h op die N4 gery het.

Die motoris is Donderdag omstreeks 21:15 vasgetrek nadat hy in sy rooi BMW op die N4 in die rigting van Bronkhorstspruit gery het.

Volgens Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, is die man in aanhouding by die Bronkhorstspruit-polisiestasie en sal hy binnekort in die plaaslike landdroshof verskyn.

Die motoris se inhegtenisneming kom terwyl vier mense ook Donderdagaand in ʼn botsing op die N4 naby die Donkerhoek-afrit dood is.

Die bestuurder van ʼn swaarvoertuig het glo beheer verloor en teen ʼn motor wat ʼn sleepwaentjie getrek het gebots. Vier insittendes van die motor is in die botsing dood en ʼn vyfde persoon het ernstige beserings opgedoen.

“Ons is bekommerd dat motoriste wat jaag ʼn daaglikse gebeurtenis in Gauteng geword het,” het Maremane gesê en bygevoeg dat die motoris wat vir spoed vasgetrek is, die hoogste spoed in die provinsie aangeteken het in die afgelope twee jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

twaalfboor ·

Net 240km/h?
Kan die man nie iets vinniger bekostig nie?

Cherokee ·

Neem KZN as voorbeeld asseblief! Hier in Natal ry ons ordentlik, besadig en met respek vir die anner ou (of… ten minste sómmige van ons!:-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.