ToekomsVenster: Het jy al nagedink oor wat waarde het?

(Foto: Milan Popovic/Unsplash)

Scott Wesley Brown sing ʼn  liedjie “Things”. Daarin vertel hy hoe ons versamel en opgaar. Die oues word met die nuwe vervang en by die agterdeur uitgeskuif. Ek haal ʼn  vers of twee aan:

Things on hooks and hangers

Things on ropes and rings

Things I guard that blind me to

The pettiness of things

Am I like the rich young ruler

Ruled by all I own

If Jesus came and asked me

Could I leave them all alone

 

For discarded in the junkyards

Rusting in the rain

Lie things that took the finest years

Of lifetimes to obtain

And whistling through these tombstones

The hollow breezes sing

A song of dreams surrendered to

The tyranny of things

 

Dit beteken seer sekerlik nie dat ons nie dinge mag besit nie, ook nie weelderige dinge nie. Elkeen se situasie is anders en elkeen besluit vir homself wat belangrik is, al dan nie.

Ons gun mekaar hierdie persoonlike en private ruimte.

Wanneer goed egter moet sin gee aan ons bestaan, is daar ʼn probleem. Ons vat niks saam as ons die dag sterf nie, absoluut niks.

Wat ons het, is geleen en moet met verantwoordelikheid, ook tot voordeel van ander, aangewend word.

Ons loop almal die gevaar om deur die verbruikersmentaliteit ingesluit te word. Ons versamel in so mate dat om bergingsruimte te verskaf ʼn lonende onderneming geraak het.

Ons het te veel goed en wanneer jy moet verhuis kom jy dit met ʼn skok agter. Met die beste voornemens onder die son raak jy van die ekstra goed ontslae en sodra jy ingeburger is in jou plekkie, begin jy maar net weer van voor af.

“Dinge” kan nie sin gee nie.

God stel nooit teleur nie. Belê in die ewigheid, belê in ander mense se lewens, ook jou eie mense. Belê in jou eie geestelike vorming, in dienswerk en betrokkenheid. Belê in die Koninkryk. Die dividend stel nie teleur nie.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

‘n Moeilike begrip om te verduidelik aan iemand wat niks het nie en nie weet waar more se kos vandaan gekom nie…….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.