Die vrou van ʼn senior aanklaer in Welkom is Vrydag by hul huis verwurg, het polisie Saterdag gesê.
Kaptein Stephen Thakeng het in ʼn verklaring gesê Anna Mulutsi (58) het op haar maag gelê en haar liggaam was met die swembadpomp se deksel bedek. Sy is buite hul huis in Bedelia, ‘n voorstad van Welkom in die Vrystaat, verwurg. Die huis se deur en haar swart Toyota Corolla was gesluit, maar die sleutels word nou vermis. “Ben Mulutsi [haar eggenoot] was by ʼn vergadering in Bloemfontein en die huis se alarm het afgegaan toe hy die huis se deur oopgesluit het,” het Thakeng gesê. “Dit is dus duidelik dat sy buite die huis aangeval is.”
Volgens ʼn ooggetuie het ʼn onbekende man met ʼn aktetas, soos gewoonlik deur prokureurs gebruik word, die erf betree en sowat ʼn uur gelede het dieselfde man met dieselfde aktetas weer die huis verlaat.
Thakeng sê ʼn moorddossier is geopen en niks is nog as gesteel aangemeld nie. -SAPA