Skildery van Picasso se minnares haal $41,5 miljoen

‘n Skildery wat Picasso in 1932 van sy geliefde geskilder het, ‘Nature morte aux tulipes’ (stillewe van die tulpe) is in New York vir meer as $40 miljoen deur Sotheby’s opgeveil. Altesaam nege van Picasso se werke is by die veiling van die hand gesit, en het $163 miljoen opgelewer, effens minder as die verwagte $170 miljoen.

Picasso het die blonde Marie-Therese Walter in 1927 ontmoet, en ‘n verhouding met haar aangeknoop terwyl hy nog met Olga Khokhlova getroud was.

Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.