Eleanor Parker, wat die rol van barones Elsa Schraeder in die loketreffer, The sound of Music gespeel het, is Maandagoggend in die ouderdom van 91 in Palm Springs in Kalifornië oorlede.
Volgens Richard Gale, ʼn familievriend, het Parker gesterf aan komplikasies weens longontsteking.
Sy is drie keer vir Oscars benoem – in Caged (1950), Detective Story (1951) en Interrupted Melody (1955). In 1963 het sy ‘n Emmy verower vir haar rol in die TV-reeks, The eleventh hour.
Parker se loopbaan sou, volgens verskeie bronne, nooit van die grond af gekom het as dit nie vir haar besondere skoonheid was nie. Sy is daarom telkemale weer in rolle ingespan, maar het uiteindelik getoon dat sy ‘n uitstekende, veelsydige aktrise was wat heel tuis was in hoofrolle.
RIP Eleanor.