Thomas Madigage, die assistent-afrigter van Bafana Bafana, het Donderdagaand in ‘n motorongeluk gesterf.
Volgens Brigadier Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder van Limpopo, het die ongeluk naby Burgersfort plaasgevind. Madigage was alleen in sy voertuig op die R37-pad, tussen Polokwane en Burgersfort, toe ʼn donkie oor die pad geloop het.
“ʼn Voertuig wat ʼn karavaan gesleep het, het voor hom gery. Dié voertuig het uitgeswaai om die donkie te vermy, maar Madigage kon nie betyds uitswaai nie en sy motor die donkie getref. Madigage is tussen 22:00 en middernag dood,” het Mulaudzi gesê.
Sapa