Die Suid-Afrikaanse Rugby-Unie (SARU) en die Spelersvereniging het ‘n historiese ooreenkoms oor vergoeding vir vanjaar bereik.
Ingevolge die ooreenkoms sal SARU se finansiële verbintenis tot die koste van Springbokke tot R57-miljoen verhoog word. Die Springbokbreier, Heyneke Meyer, sal tot 30 spelers met Springbokkontrakte kan aanstel.
SARU sal die Nasionale Spelerstrust verder ‘n markverwante fooi vir speler se verskynings en bydraes betaal. ‘n Bedrag is ook opsygesit om provinsiale unies te vergoed vir die verlies van spelers aan die Springbokgroep. Meyer sal later vanaand die Springboekgroep aankondig vir die maand se drie toetse teen Engeland.
Hallo daar. Kan iemans asseblief Morné Steyn se pienk skoene verduister. Elke keer as hy vrot skop, is dit met daardie skoene. Komaan, Morné, gooi weg daai goed.
Groetnis
Hennie