In ‘n poging om sy kliëntediens te verbeter gaan die Stad Johannesburg Vrydag ʼn nuwe telefoonnommer en stelsel in werking stel.
“As ʼn stad het ons ʼn strategie om ons diens te verbeter. Die nommer is maklik om te onthou,” het Kgamanyane Maphologela, woordvoerder, gesê.
Die nuwe nommer is 0860 JOBURG (562874)
Inwoners kan die nommer skakel vir navrae oor die stad, algemene navrae, rekening navrae en om diensteprobleme aan te meld.