Verskeie mense is in Brittanje en Nederland dood na reuse storms.
Minstens twee mense is dood in Nederland, waar dit as die ergste windstorm sedert 2007 beskryf word. Volgens berigte het een mens in Brittanje gesterf.
Nederlandse media berig die twee mense in Amsterdam gesterf na ‘n boom op hulle omgewaai het.
Die wind het in Nederland stote van tot 136 km/h gehaal en op die Isle of Wright is ‘n windspoed van 160 km/h gemeet.
Minstens 7 000 huise in die suidweste van Engeland is sonder elektrisiteit.
In Antwerpen in België is ‘n woonstelgebou ontruim na die wind ‘n struktuur van die gebou afgewaai het. Nooddienste word deur oproepers oorval.
Pendelaars is Maandag gewaarsku dat hul reisplanne moontlik in die wiele gery kan word wanneer die stormsterkte winde Engeland en Wallis tref. Treinmaatskappye het vroeë oggenddienste gekanselleer en vlugte na Londen is afgeskaal.