Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die verkragting en dood van Annemarie Beukes (20) van die Wes-Kaap nie.
Beukes is Saterdag naby haar huis in Swellendam opgespoor waar sy in ʼn oop stuk veld kaal in ʼn kombers toegedraai is. Sy het in ʼn plas water gelê.
Beukes het glo by vriende gaan kuier en is aangeval toe sy in ‘n afgeleë gebied gestap het.
Volgens Nicky Alberts, ʼn polisiewoordvoerder, was sy nog lewendig toe sy gevind is. Sy is die volgende dag in ‘n hospitaal in Worcester vermoedelik aan longontsteking oorlede. ʼn Nadoodse ondersoek het bevestig dat sy verkrag is.
Die polisie versoek enigiemand met meer inligting oor die voorval om met hulle in verbinding te tree deur 10111 te skakel.