Talle paaie in Krugerwildtuin gesluit

Swaar reënval het veroorsaak dat verskeie grondpaaie en kampe in die Krugerwildtuin gesluit moes word.

“Verskeie grondpaaie en kampe is sedert Saterdag gesluit, en is steeds toe weens erge reënval. Na wat verneem word, word hoë reënval tot Woensdag verwag,” het Ike Phaahla, ʼn woordvoerder van die wildtuin, Maandag gesê.

Geen beserings of lewensverlies is tot dusver aangemeld nie.

“Besoekers word aangeraai om van riviere af weg te bly en slegs van teerpaaie gebruik te maak,” het Phaahla versoek. Phaahla het mense, wat die gebied wil besoek, aangeraai om die besprekingsentrum te skakel voor hulle vertrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.