Twee busse bots op N1

Talle mense is beseer toe twee volgelaaide busse Sondag op die N1, 25km buite Polokwane, teen mekaar gebots het.

“Een bus het agterin ‘n ander bus vasgery,” het Chris Botha, woordvoerder vir Netcare911 gesê. “Die ongeluk het op die N1, langs die Ranch-hotel plaasgevind.” Alle noodpersoneel, insluitend ‘n mediese helikopter, is na die toneel ontbied. “Die aantal beseerdes moet nog vasgestel word,” het Botha bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.