Die bestuurder van die dubbelkajuitbakkie was reeds dood toe hulle op die toneel aankom, berig ER24. Paramedici kon glad nie die passasier, wat in die wrak van die erg beskadigde bakkie vasgekeer was, bereik nie. Dié man is ook op die toneel dood.
Albei mans was na raming ongeveer 40 jaar oud.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik, maar dit lyk asof die bakkie bloot in die agterkant van die swaargelaaide vragmotor vasgery het. Die insittendes van die vragmotor het nie seergekry nie.
Die polisie ondersoek die saak.