Twee mense is dood nadat ‘n ligte vliegtuig Donderdagoggend naby Klipheuwel in die Wes-Kaap neergestort en aan die brand geslaan het.
Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het omstreeks 06:30 naby die R304 plaasgevind. “Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die lugvaartowerheid ondersoek,” het sy gesê.
“Toe nooddienste op die toneel kom was die insittendes erg verbrand en daar was ongelukkig niks meer wat vir hulle gedoen kon word nie. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Jackson gesê.