Twee mense is dood nadat die motor waarin hulle gery het vroeg Saterdagoggend omgeslaan en verskeie kere gerol het op die N5 tussen Senekal en Winburg.
Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê met paramedici se aankoms op die toneel het die motor langs die pad gelê met albei insittendes steeds in die motor. Banks sê albei insittendes het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie en word ondersoek.