Veldwagter, twee vas oor renosterstropery

Foto: www.rhinoconservation.org

Drie mans, waaronder ʼn veldwagter, is Dinsdag in hegtenis geneem in verband met die stropery van agt renosters oor die naweek in Noordwes.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van dien Valke, sê die mans is by hulle huise in die Lethabo informele nedersetting naby Brits in Noordwes in hegtenis geneem. Die karkasse van agt renosters is die naweek op die plaas Klipkopspruit gevind. Ramaloka sê die renosters se horings is nie in die mans se besit gevind nie. Die mans, tussen 47 en 59 jaar oud, sal na verwagting Donderdag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van renosterstropery. Meer as 230 mense is reeds vanjaar in hegtenis geneem in verband met renosterstropery terwyl meer as 570 renosters reeds vanjaar vir hul horings doodgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.