Die ses weke oue baba wat in Galeshewe, Kimberley, verkrag is, is na die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas.
“Ma en baba het Dinsdag by die hospitaal aangekom,” het Mondli Mvambi, woordvoerder van die departement van gesondheid in die Vrystaat, gesê. “Die dokters behandel haar en het aangedui dat sy in ʼn stabiele toestand is.”
Die baba is in die hospitaal se intensiewesorgeenheid opgeneem nadat sy verlede week, vermoedelik deur haar 24-jarige oom, verkrag is.
Lees ook:
Baba wat verkrag is, sterk aan
Ses week oue baba verkrag
Net ‘n verrote siel sal so-iets doen.