ʼn 49-jarige man het homself aan die polisie oorgegee nadat hy glo ʼn 19-jarige man doodgemaak het tydens ʼn argument oor ʼn bier.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Thulani Zwane, sê die man het Mthokozisi Mhlongo glo met ʼn mes in die bors gesteek omstreeks 20:30 Sondagaand in Pinetown buite Durban. Mhlongo is op die toneel dood. Zwane sê die man het homself later dieselfde aand aan die polisie oorgegee. Hy sal na verwagting Dinsdag of Woensdag in die Pinetown landdroshof verskyn.