Vermoorde BFN-student se naam bekend

Die student aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein wat Saterdag doodgesteek is, se naam is bekendgemaak.

Die 19-jarige Ndleleni Lomo, van Orkney, se liggaam is Saterdagaand in die stad opgespoor.

Kaptein.Chaka Marope, ʼn polisiewoordvoerder, sê Lomo se liggaam is omstreeks 23:00 in Parkstraat gevind. Hy is met ʼn skerp voorwerp in die nek en kop gesteek. Volgens Marope het die student glo van ‘n winkel af huis toe geloop toe hy aangeval is.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.