Verspring-atleet spring oor krokodille

Khotso Mokoena. Foto: Tyrone Bradley/Red Bull

ʼn Olimpiese silwermedalje verspring-atleet het Maandag oor ʼn groot krokodil in ʼn stroom in KwaZulu-Natal gespring.

Khotso Mokoena het aan The Star gesê dit was ʼn jarelange droom van hom om oor Crocodile Creek in Tongaat, wat altesaam sowat 5 000 krokodille huisves, te spring.

Mokoena erken krokodille fassineer hom. In Sesotho beteken sy van letterlik “hy wat by ʼn krokodil ʼn eed aflê”. Hy sê ook hy dink hy is half-mens en half-krokodil. Hy het ook tatoeëermerke van verskeie krokodille op sy liggaam.

“Ek wou met dié poging my vrese oorkom en my eie en my geestelike krag toets. As ʼn atleet moet ek myself so hard as moontlik druk en seker maak dat ek die dierlike instink omhels sodat ek so veel as moontlik kan bereik,” het hy gesê.

Volgens ʼn kenner moes Mokoena sorg dat hy hoog genoeg oor die gevaarlike dier spring, aangesien ʼn krokodil uit die water blitsig tot 4 meter hoog in die lug kan spring.

Mokoena is tans besig om vir die Diamond-liga te oefen en sy eerste deelname is vir 18 Mei in Sjanghai geskeduleer.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.