Hiermee die video-opname van pres. Barack Obama van Amerika se toespraak wat hy Dinsdag as huldeblyk voorgehou het by oud-president Nelson Mandela se gedenkdiens by die ENB-stadion in Soweto, Johannesburg. Hy het ‘n staande applous ontvang na afloop van die toespraak.
Mandela is op 5 Desember 2013 in die ouderdom van 95 oorlede by sy huis in Houghton, Johannesburg. Meer as 91 staatshoofde en tienduisende mense het die gedenkdiens bygewoon.