Dié Suid-Koreaanse kletsrymer het vinnig ‘n internetsensasie geword ná sy video, Gangnam Style, op YouTube bekend geraak het. “Ek’s mal oor die video – dis soveel pret!” het Britney op 28 Augustus getweet. Sy het bygevoeg: “Ek dink ek moet dalk die koreografie leer. Gaan iemand my leer? Haha!”
Park Jae-Sang (PSY), het die popsangeres toe self op The Ellen Degeneres Show die beroemde “perdedansie” geleer. Britney het gespog: “Ek het Gangnam-styl vandag by die meester geleer!”
PSY het intussen ‘n kontrak in Amerika met Scooter Braun onderteken. Braun bestuur ook Justin Bieber en Carly Rae Jepsen se kontrakte.
“Ek het nooit so iets verwag nie,” het PSY gesê. “Wat maak ek hier? Dis wonderlik.”