“Ons verwag swaar reënval in die Oos-Kaapse kusgebied, hoofsaaklik wes van Oos-Londen,” het Loots gesê. Die weerburo het ʼn waarskuwing vir baie koue toestande in die Oos-Kaapse binneland, die Wes-Kaap en die suidelike dele van die Noord-Kaap en Vrystaat uitgereik, berig TimesLive. “Ons sal verseker baie kouer toestande in die volgende week sien. Die temperatuur sal bietjie styg, maar ons sal moontlik nie weer 20 grade bereik voor Vrydag nie,” het Loots gesê.
Intussen is daar talle berigte van sneeu in die Vrystaat. Die gebruiker FrancoisTheart het die volgende video op YouTube gelaai: