Video: Twee dood, talle beseer na reuse ongeluk

Foto: Youtube

Twee mense is dood en nagenoeg 80 beseer na ʼn reuse ongeluk waarby sowat 140 voertuie betrokke was naby Houston, Texas in die VSA.

“Dis katastrofies,” het Rod Caroll van die plaaslike owerheid gesê. “Daar is motor bo op motors.” Die ongeluk het op ʼn hoofweg sowat 128km van Houston gebeur. Carrol sê twee mense is dood en tussen 80 en 90 mense is beseer waarvan 10 ernstige beserings opgedoen het. Hy sê tussen 140 en 150 voertuie was in die botsing betrokke. Carrol sê die ongeluk het in digte mis plaasgevind en dat hulle eers later toe die mis opgeklaar het besef het hoeveel voertuie is betrokke. Die reuse ongeluk het glo tot verskeie ander botsings op die aankomende hoofweg gelei.

Die video is deur abcNEWS.com op Youtube gelaai:

http://youtu.be/KZ5zdM28IE0

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.