Vier vas vir roof in Oos-Kaap

Vier mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn Somaliër se winkel in King William’s Town in die Oos-Kaap beroof het.

Lt. Nkosikho Mzuku, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die polisie het Woensdagaand omstreeks 19:00 die Welcome Wood-omgewing gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte Toyota Avanza sonder ʼn nommerplaat sien ry het.

Die polisie het die voertuig van die pad af getrek en vier gewapende mans binne die voertuig gevind. Die polisie het beslag gelê op drie 9mm-pistole, ammunisie en die voertuig. Kontant, lugtydkoepons en verskeie goedere wat glo uit die winkel gesteel is, is ook in hul besit gevind.

Die mans, tussen die ouderdom van 26 en 36, moet binnekort in die Mdantsane-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.