Drie vlinderspesies in die suide van Afrika het reeds uitgesterf en 14 spesies word kritiek bedreig.
Dié inligting spruit uit ʼn nuwe vlinderatlas wat Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland dek, het Beeld Donderdag berig.
Die atlas is saamgestel uit ʼn gekombineerde poging deur die Universiteit van Kaapstad, die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut en die Vlindervereniging van Suid-Afrika.
Volgens die atlas is daar 657 verskillende vlinderspesies, buiten die verskillende subspesies, in dié drie lande.
Die helfte van die spesies kom nêrens anders in die wêreld behalwe in Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland voor nie.
– Sapa