ʼn 23-jarige vrou van Pole is ʼn boete opgelê nadat sy erken het dat sy ʼn ope uitnodiging na ʼn Lenteparty op Facebook gepubliseer het. Meer as 20 000 mense het opgedaag en talle het oproerig geraak en begin appels swaai.
Die hof in die suidelike stad van Krakow het Vrydag gesê die vrou het versuim om toestemming te vra of sekuriteit te verseker tydens die partytjie wat in Aprilmaand gehou is. Een man is beseer nadat hy by ʼn krans afgeval het.
Die vrou, wat net as Anna K. bekend gemaak is, is skuldig bevind op die klag dat sy ʼn ongemagtigde byeenkoms gereël het.
Die hof het gesê die plek is “uiters gevaarlik” weens die watertenk en klippe. Die vrou is ʼn boete van 2 400 zlotys (sowat R7 850) opgelê.