Die polisie in Noordwes het Sondag menslike oorskot by ʼn huis in Lichtenburg opgespoor, nadat ʼn vrou erken het sy het haar man en dogter vermoor en begrawe.
Die 67-jarige vrou en haar 16-jarige dogter is in hegtenis geneem, het die polisie gesê. EWN berig die vrou se dogter was 17 jaar oud toe sy in 2009 as vermis aangemeld is. Haar man is in 2011 op die ouderdom van 61 as vermis aangemeld. ʼn Ondersoek sal gedoen word om te bepaal of die beendere aan die tienerdogter en man behoort. Kaptein Tselane Nkala, woordvoerder van die polisie, sê die man se uitgebreide familie het die twee as vermis aangemeld. Die motief vir die moorde is nog nie bekend nie.