Natalie Sanders het aan EWN vertel dat sy Woensdag in Mainweg in Bryanston deur ʼn metropolisiebeampte afgetrek is. Die beampte het haar vir dronkbestuur getoets waarna hy haar glo vir R1 500 omkoopgeld gevra het. Sanders het glo begin huil waarna die polisiebeampte glo in haar motor ingeleen en haar gedruk en gesoen het. “Hy het toe met geweld my regterhand gegryp en dit teen sy penis gedruk. Hy het my hand twee keer op en af gevryf voor ek my hand weggetrek het.” Sanders sê die beampte het haar hierna vir ʼn tweede keer gesoen. “Hy het my na hom getrek en sy tong in my mond gedruk.” Sanders het die volgende oggend die saak by die polisie aangemeld. Die saak word ondersoek.
Lees meer hier.