Die hooggeregshof in Pretoria het ‘n aansoek deur ‘n vrou, wat die departement van binnelandse sake sou dwing om ‘n tradisionele huwelik tussen haar en haar afgestorwe lewensmaat te registreer, van die hand gewys, berig die Saturday Citizen.
Raisiba Mathaba (52) wou haar “huwelik” met Tsokolo Maringa laar registreer, maar die hof het bevind dat die lobola-proses nog nie afgehandel is nie. Maringa se dogter, Rebecca, wat as eksekuteur van sy boedel aangestel is, het die aansoek teengestaan.
Lobola-onderhandelings het in 2010 plaasgevind en daar is ooreengekom dat Mathaba se familie lobola van R12 000 sou betaal en dat die bruidegom sekere items soos komberse en messe aan die bruid se familie sou oorhandig. Mathaba se familie het egter slegs R10 000 betaal en onderneem om die res te betaal, het die koerant berig. Maringa is dood voordat die proses afgehandel is.
Mathaba sê sy en Maringa het as man en vrou saam gebly, wat bewys dat haar familie haar aan Maringa se familie oorgegee het. Maringa se dogter voer egter aan sy is nie oorgegee nie, en dat die bruid eers oorgegee kan word sodra die uitstaande bedrag betaal is.
Regter Nomsa Khumalo het gesê die oorgee van die bruid is een van die gebruike, maar dit is nie die enigste faktor wat bepaal of die huwelik bestaan nie. Khumalo sê die kwitansie van die lobola stipuleer dat die bruidegom se familie die uitstaande items en kontant sal insamel en aan die bruid se familie sou oorhandig om die proses af te handel.
-SAPA
Toe word hy aan die voorvaders oorgegee, of is dit nou aan die vlermuis kolonie?
Baie bekend aan jou Seg. Dit is jou seremonie.
Agter geld aan.