3 ton stuk vuurpyl tref die maan

Argieffoto (Foto: Ponciano/Pixabay)

ʼn Deel van ʼn vuurpyl het Vrydag om 1225 GMT die verste kant van die maan getref. Kenners sê dié deel van die maan is nie van grondgebaseerde teleskope sigbaar nie.

Nasa se Lunar Reconnaissance Orbiter is waarskynlik nog nie in ʼn posisie om die impak te sien nie, maar die agentskap het onderneem om so vinnig as moontlik die gevolglike krater te soek – dit kan egter weke of maande lank duur.

Scientific American voer aan die impak is waarskynlik naby aan die natuurlike 570 km breë Hertzsprung-krater, berig Space.com.

it is die eerste onbedoelde botsing met die maan deur ʼn stuk ruimte-hardeware.

Die onderdeel van drie ton word al jare lank dopgehou, maar die oorsprong daarvan is nie duidelik nie. Aanvanklike analise het daarop gedui dat dit moontlik ʼn deel van Elon Musk se SpaceX Falcon 9-vuurpyl kan wees, maar daar is later beweer dat dit moontlik Chinees van oorsprong is. China ontken dié gevolgtrekking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Foefie ·

Ja nê. Het julle geweet NASA beteken Misleier of “to deceive”. Van ek uitgevind het die aarde is inderwaarheid plat soos wat ek as kind in die skool geleer het, van die sogenaamde seevaarders wat nie ver wou seil nie want hulle was bang hulle “val van die plat aarde af”… en kwa-kwa-kwa het almal gelag daaroor…

Wel, ek het as grootmens bietjie gaan navorsing doen en gemeet aan die Bybel… Die aarde is plat. Daar IS NIE ‘n ruimte nie. Ons leef in ‘n dome onder die “firmament”. Gaan lees maar self op. Niemand was nog nooit in die ruimte in nie. Dis alles leuens. Kom ons kyk of DIT geplaas gaan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.